Emer-G-Med se paramedici is Saterdag 06:30 na ‘n motorongeluktoneel ontbied. Die ongeluk het op die N1 in Gauteng plaasgevind. By aankoms op die toneel is gevind dat ‘n enkele ligte motorvoertuig omgeslaan het.
Drie vroue en ‘n man, almal in hul twintigs, het geringe tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle deur ‘n private ambulansdiens hospitaal toe geneem is.
By nadere ondersoek is ‘n vierde persoon, ‘n vrou, met ernstige beserings in die wrak vasgekeer gevind.
Gevorderde lewensondersteunende intervensie was nodig om haar te stabiliseer, terwyl reddingskake gebruik is om haar uit die wrak te sny.
Sy is ook per ambulans in die sorg van ‘n noodsorgpraktisyn na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere sorg.



