Reginald Alan Roach (63) ‘n seksoortreder van Wallis, VK, is Sondag, nadat hy ‘n hofverskyning op 31 Oktober gemis het, in ‘n ongebruikte industriële gebied gekry waar hy bewusteloos in ‘n plas bloed gelê het. Dit blyk asof hy doodgebloei het weens sy geslagsdeel wat afgesny was.
‘n Persoon wat met honde gestap het, het hom bewusteloos in ‘n plas bloed gevind. ‘n Nadoodse ondersoek het bevind hy is aan skok en bloeding dood.
Hy is vroeër vanjaar skuldig bevind nadat hy homself aan mense in ‘n hotel ontbloot het. Dit was nie sy eerste botsing met die gereg nie.
Noord-Wallis-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek ingestel en gesê alhoewel sy dood “onverklaarbaar” is, hulle nie op soek is na iemand wat by sy dood betrokke kon wees nie.
Bron: Daily Post, News.com.au en Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



