Vermeende Isis-leier glo van plan om FBI te dagvaar

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermeede leier van die Isis-sel in Suid-Afrika het ontken dat hy ’n “terroris” is en het gesê hy gaan die FBI en CIA dagvaar omdat hulle hom en sy gesin teister.

Farhad Hoomer en vier ander is deur die VSA se Tesourie op ’n lys geplaas om hulle te sanksioneer nadat hulle identifiseer is as lede van ’n Isis-sel wat uit Durban werk.

Hoomer het gesê dat die FBI sy vrou en haar familie teister en vir weke oor hom ondervra het. Hy het ook gesê hy is by ’n hotel in Morokko uitgeskop omdat die FBI hom agtervolg het.

Hoomer het gesê hy gaan die FBI en CIA dagvaar vir biljoene dollars wanneer hy in Desember terugkeer na Suid-Afrika.

Hoomer en 17 ander mans is in Oktober 2018 in Reservoir Hills in hegtenis geneem vir die aanval op die Imam Hussain-moskee in Verulam.

In Julie 2020 is die saak vandie rol geskrap nadat die Staat nie kon regverdig hoekom die saak moet voortgaan nie.

Bronne: IOL, VN Explorer, Ghanamma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Wetstoepassers doen intensiewe ondersoek rakende Isis-operateurs in SA, sê FIC