Ten minste 40 kinders by ‘n laerskool in Verulam, KwaZulu-Natal, is vanoggend by die skool vergiftig.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n verklaring die 40 kinders het simptome van voedselvergiftiging getoon na hulle stokkielekkers geëet het wat hulle by die skool se markdag gekoop het.
Rusa sê sy lede het omstreeks 11:42 ‘n oproep van ‘n onderwyser ontvang dat verskeie kinders tussen die ouderdomme van vyf en 13 jaar oud erge maagpyn en naarheid ervaar het. Van die kinders het ook gesukkel om asem te haal.
Rusa-lede is dadelik na die skool ontbied waar hulle die meerderheid van die siek kinders in die skool se parkeerarea gekry het.
Paramedici van verskeie ambulansdienste het ook by die skool aangekom en meeste van die kinders is met die ambulans na onderskeie hospitale geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



