’n Matriekleerling van Hoërskool Mandlenkosi is Maandag deur ’n graad 10-leerling doodgesteek op die skoolterrein.
Die KZN-LUR Nomusa Dube-Ncube het Donderdag die skool besoek om die leerlinge en onderwysers wat die steekvoorval gesien het, te troos.
Sy het die moord veroordeel en haar meegevoel teenoor die familie van die vermoorde leerling uitgespreek.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord en is op soek na die graad 10-leerling.
Bronne: The Citizen, Afrinuus, Sowetan LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Matriekleerling vermoor terwyl nog een selfdood pleeg



