Johannesburg se Metro-polisiebeamptes wat gister aan diens was in Johannesburg se Metro het tot die redding gekom van ‘n jong man wat op die hoek van Kruis- en Lillian Ngoyistraat wou selfdood pleeg.
Xolani Fihla, JMPD-woordvoerder, sê die lede het na bewering mense hoor skree.
Die beamptes het ondersoek ingestel en ‘n jong man gesien wat van ‘n gebou af wou spring.
Met behulp van sekuriteitbeamptes is na die plek gegaan waar die jong man was en met hom ‘n gesprek aangeknoop terwyl vir rugsteun gewag is.
Hulle het die jong man se suster gekontak en hom rustig gehou totdat sy met ‘n pastoor opgedaag het, waarna daarin geslaag is om hom van selfdood te laat afsien.
Tot hul verligting het die jong man later van die rand afgeklim en is terug in die gebou in. Hy is van daar deur sy suster en pastoor ondersteun.
Indien jy enige hulp nodig het of weet van iemand wat hulp nodig het, maak gebruik van die volgende nommers: 0800 567 567 – 24 uur en hulp in al 11 amptelike tale.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



