Hulp word gevra om Zanele Fetmani (80) van Vredendal in die Kaap, wat aan Alzheimersiekte ly, op te spoor.
Ndake Gwala, polisiewoordvoerder, sê sy is laas Maandag 7 November by die Vredendal-Noord-kliniek gesien. Sy was geklee in ‘n rooi rok, geel baadjie en ‘n swart kopdoek. Sy gaan moontlik nie bewus van haar omgewing wees nie, aangesien sy aan Alzheimersiekte ly.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan met lt.kol. Regardo van Schalkwyk van Vredendal-SAPD kontak maak by 082 778 7365 of Crime Stop by 08600 10111 kontak of inligting via die MySAPS-toepassing te stuur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



