Wetstoepassers doen intensiewe ondersoek rakende Isis-operateurs in SA, sê FIC

Deel hierdie storie / Share this story

Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) het gesê wetstoepassingsagentskappe is besig met ‘n intensiewe ondersoek na beweerde lede van die terreurgroep Isis, wat in Suid-Afrika aan die werk is.

Die Amerikaanse tesourie het Maandag sanksies aangekondig teen maatskappye wat deur hierdie beweerde lede besit word – van wie sommige vir die tweede keer gestraf word.

Die sentrum het gesê die ondersoek word uitgevoer ná inligting wat van die VSA ontvang is.

FIC het gesê dat dit die aktiwiteite van die betrokke individue saam met wetstoepassingsagentskappe bestudeer het.

“Ons as die Finansiële Intelligensiesentrum en ander wetstoepassingsagentskappe – wat die Valke, die Staatsveiligheidsagentskap asook misdaadintelligensie insluit, werk nou saam met die VSA. Ons het vroeë waarskuwings oor hierdie individue ontvang en ons kyk aktief na hulle,” het Pieter Alberts, waarnemende uitvoerende bestuurder van die FIC, gesê.

Alberts het gesê van dié verdagtes het in die verlede in Suid-Afrikaanse howe verskyn.

“Hierdie ouens is onderhewig aan ondersoeke. Sommige van hulle het in Suid-Afrikaanse howe verskyn, maar sommige van die sake is voorlopig teruggetrek in terme van die verkryging van bewyse rondom hierdie sake.”

Alberts het gesê dat nie een van hierdie individue wat deur Amerikaanse sanksies geteiken is, in aanhouding is nie.

Bronne: Eyewitness News, Pan African Dispatch, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Voormalige Transnet- uitvoerende beampte verskyn in hof