Otilia Gova, die ma van die Centurion-sakeman wat verlede week ontvoer is, bid vir haar seun se veilige terugkeer.
Ranga Gova is verlede week minute van sy huis af ontvoer terwyl hy sy vrou se kar bestuur het. Ranga was verlede Donderdag by die Midstream Mediclinic-verkeersligte toe hy gekaap en ontvoer is.
Sy vrou, Mamelo, het gesê die voorval is deur sekuriteitskameras afgeneem en ‘n Uber-bestuurder en ‘n veiligheidswag het die ontvoering gesien.
Die beeldmateriaal wys hoe Gova tot by die kruising in ‘n grys Mercedez-Benz CLA200D ry. ‘n Voertuig stop langs hom terwyl ‘n tweede agter hom parkeer. Die verdagtes verlaat die twee motors en Gova word gegryp en in ‘n silwer voertuig vasgebind. Die bestuurder maak dan ‘n U-draai en ry weg. ‘n Man klim in die Mercedes en die tweede voertuig van die kapers jaag weg.
Mamelo het gesê die Mercedes is Saterdag naby hulle huis gevind.. Olifantsfontein-polisie ondersoek ‘n saak van ontvoering.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



