‘n Sakeman van Centurion is ontvoer terwyl hy Donderdagaand 3 November net voor 20:00 in sy vrou se kar het by ’n verkeerslig naby die Midstream Mediclinic gesit het.
Ranga Gova (35) was twee minute weg van sy huis af toe hy ontvoer is. Sy vrou het gesê die sekurtiteitswagte by hulle kompleks het haar kom sê haar man is ontvoer ná die gebeure op kamera vasgelê is.
Die voertuig is Saterdag 5 November naby hulle huis gekry.
Die Olifantsfontein-polisie ondersoek ’n saak van ontvoering.
Bronne: IOL, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gebeure wat tot Imam Haron se dood gelei het, maak nie sin nie – forensiese patoloog



