Polisie skiet twee dood en neem 11 in hegtenis van 20 gewapende verdagtes

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk video hier:

Na bewering het ‘n oor-en-weer-skietery tussen polisie en verdagtes in Tulisa Park naby Germiston, Gauteng uitgebreek nadat hulle deur polisie onderskep is.

Dit was glo ‘n konvooi van motors met 20 gewapende bendelede. Blykbaar het hulle ‘n maatskappy in ‘n industriële gebied bestorm in ‘n poging om sonpanele te steel. Twee verdagtes is glo noodlottig gewond en 11 in hegtenis geneem.

Polisie het vervolgens beslag gelê op agt AK-47 aanvalsgewere en agt handwapens.

FiND iT Nuus het uitgereik vir polisiekommentaar.

Bronne: Beast of News en Flying News Live Update 365/24/7.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.