Huldeblyke het ingestroom nadat ‘n tweejarige seuntjie deur honde verskeur is.
Die voorval het by ‘n motel in Cowra, Australië gebeur. Die polisie is besig met ‘n ondersoek om te bepaal of daar ‘n klagte oor die voorval gelê sal word.
Die seun, wat intussen as die kleuter Jyedon Pollard geïdentifiseer is, is Dinsdag kort ná 10:00 deur honde aangeval. Hy is per helikopter na ‘n hospitaal geneem, maar is Dinsdagmiddag dood verklaar.
Jyedon het ernstige beserings aan sy gesig en nek gehad. Hy was in ‘n kritieke toestand voor hy oorlede is.
Volgens Daily Mail is die polisie in besit van die honde, na bewering Rottweilers en ‘n beeshond.
‘n Ondersoek sal bepaal wat met die honde gaan gebeur en of hulle al voorheen as gevaarlik beskou is en wat toe die tragiese voorval gelei het.
Hou FiND iT dop vir meer inligting.



