Deel asseblief: Cassidy Goga (21) is vermis nadat hy kollege toe gestap het

Deel hierdie storie / Share this story

Casidy Goga (21) het op 7 November in Newcastle, KwaZulu-Natal vermis geraak.

Hy is laas om ongeveer 12:20 gesien toe hy kollege toe gestap het in Barry Hertzogpark. Hy het nooit sy bestemming bereik nie en daar was sedertdien nog geen teken van hom nie.

Hy het bruin oë, kort swart hare, weeg 50 kg en is 1.7 m lank.

Hy was geklee in ‘n oranje T-hemp en blou denim, Hemisphere-seilskoene en ‘n blou baadjie met die woord “AUTOBARN” daarop. Hy is in besit van ‘n Samsung A 13-selfoon en ‘n blou Tupperware-waterbottel.

Indien enigiemand weet waar Cassidy hom bevind, word hulle gevra om onmiddellik met die volgende persone in kontak te kom:

  1. A/O. Makhoba van Newcastle-polisiestasie by 034 314 6156
  2. Dawn – Renegades Search & Rescue by 074 712 2855
  3. Razia – Renegades Search & Rescue by 074 285 0234

Mense met inligting kan bel ofWhatsApp.

Renegades Search Rescue navraagnommer 03/11/2022 en verwysingsnommer 258/11/2022 het betrekking.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.