Voormalige hoof van misdaadeenheid vra dat haar winkeldiefstalklag teruggetrek word

Deel hierdie storie / Share this story

Jeanette Neveling, NVG-oudbaas, is op 16 Februarie verlede jaar in hegtenis geneem vir beweerde winkeldiefstal by The Crossing-winkelsentrum in Mmabatho. Sy het glo klere en kos ter waarde van sowat R3 000 gesteel.

’n Polisiekaptein wat Neveling se verklaring afgeneem het ná haar inhegtenisname, het Woensdag getuig.

Nadat die staat sy saak gesluit het, het die verdediging ’n aansoek ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet gedoen en die hof versoek om die saak uit te gooi.

“Indien die hof hierdie aansoek van die hand wys, sal Neveling getuig voordat die uitslag van die verhoor deur die landdros uitgespreek word,” het Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Twee van die staatsgetuies wat werknemers is van die winkel waar die beweerde misdaad gebeur het, het in die Molopo-landdroshof getuig

Neveling het bedank en is vanaf 30 Oktober 2021 nie meer ‘n NVG-werknemer nie.

Bronne: Sowetan LIVE, Dispatch Live, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kerk se tesourier tot drie jaar gevonnis vir diefstal van R800K se tiendes, offergawes