Saru mag glo nie dieetkundige huis toe stuur nie

Deel hierdie storie / Share this story

Zeenat Simjee, die Springbokke se dieetkundige wat glo ‘n verhouding met Elton Jantjies gehad het, is toe nié op pad terug na Suid-Afrika nie. Simjee het tot nou toe die bewerings ontken.

FiND iT het vroeër berig Simjee is huis toe gestuur nadat Jantjies glo aan sy vrou, Iva, erken het hy en Simjee het ‘n verhouding gehad.

Saru het glo Donderdag ‘n U-draai gemaak ná gesprekke met regsmense, berig Netwerk24. ‘n Bron het glo aan Netwerk24 vertel dat dit ‘n “bogstorie” is dat Simjee op pad terug is na Suid-Afrika.

Die storm oor ‘n beweerde verhouding tussen Jantjies en Simjee het in September uitgebars nadat hulle glo by ‘n deftige gastehuis in Mbombela gebly het wat duur vonkelwyn, romatiese etes en onbetaalde rekeninge ingesluit het. Die voorval was ten tye van die Rugbykampioenskap-toets tussen die Bokke en die All Blacks. Zeenat, wat tot nou toe nog die bewerings ontken het, het gesê sy was daardie naweek by haar familie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel