Fone en kripnotas by14 Wes-Kaapse matrieks gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens die provinsiale onderwysdepartement is 14 Wes-Kaapse matriekleerlinge gevang met hulle selfone of kripnotas in die eksamenlokaal.

David Maynier, LUR vir onderwys, het gesê die beskuldigde leerlinge sal ‘n verhoor hê en kan appelleer teen die verhoor se bevindings, indien nodig.

“Dit is noodsaaklik dat die kandidate hul sakke vir notas of selfone noukeurig nagaan voordat hulle gaan sit om te skryf, want om te vergeet dat hulle hierdie items by hulle het, is ongelukkig nie ‘n verskoning nie,” het die LUR gesê.

Bronne: Eyewitness News, News 365, Hypegist

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Gebeure wat tot Imam Haron se dood gelei het, maak nie sin nie – forensiese patoloog