Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld en kinderbeskerming in Delft in die Wes-Kaap vra die gemeenskap se samewerking om drie verdagtes op te spoor in verband met verkragting.
Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder, sê ‘n slagoffer het Saterdag na ‘n plaaslike winkel geloop toe die drie verdagtes haar glo voorgekeer het.
Hulle het haar na bewering na ‘n sportveld geneem waar twee van die verdagtes beurte gemaak het om haar te verkrag. Die derde verdagte het haar glo met ‘n baksteen aangerand en haar selfoon gesteel.
Die slagoffer het die polisie gehelp om die sketse van die verdagtes saam te stel.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 084 755 5208 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



