’n Ma van Pietermaritzburg wat vir haar kêrel die mes gegee het om haar baas mee dood te maak, is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.
Jade Ashley Barnard (36) het Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof skuldig gepleit op die moord van sakeman Vernon Wilton Viviers.
Viviers is op 8 Augustus dood in sy winkel gevind. Barnard het vir hom gewerk. Haar kêrel, Martin Grieb, het verlede maand skuld beken op die moordklag en gesê hy het Viviers se keel afgesny omdat hy nie vir Barnard ’n R50 voorskot wou gee nie.
Grieb is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



