Drie vandag in hof na ‘selfmoord’ toe eintlik moord is

Deel hierdie storie / Share this story

Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 30 en 35 sal vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ná die lewelose liggaam van ‘n slagoffer hangende aan ‘n boom gevind is.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke, sê die slagoffer se liggaam is in Mei 2022 ontdek waar dit aan ‘n boom by sy huis gehang het.

Daar is aanvanklik gedink die slagoffer, ‘n werknemer by die departement van onderwys, het selfdood gepleeg. Na een van die verdagtes homself aan die Valke oorgegee het, is die drie verdagtes in hegtenis geneem.

Een van die drie verdagtes sal ook op aanklag van verkragting in die hof verskyn.

‘n 9 mm-pistool is tydens die inhegtenisneming gekonfiskeer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel