Video: Student wat koning Charles met eiers gooi, in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Koning Charles III en sy vrou, Camilla, moes Woensdag padgee toe daar tydens hul besoek aan die noorde van Engeland eiers na hulle gegooi is.

Koning Charles (73) en Camilla (75) is deur lyfwagte weggeneem na drie eiers na hulle gegooi is.

Die eiergooier, ‘n student wat later in hegtenis geneem is, het gesê: “Die land is op die bloed van slawe gebou” en “hy is nie mý koning nie”.

Hy het die monarg en koningin-gemalin uitgejou voor hy die eiers in hulle rigting gegooi het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel