‘n Pa van vier het sy selfdood regstreeks op Facebook uitgesaai – en sy vriende het toegekyk.
Daily Mail berig die 34-jarige Paul David Hilton se liggaam is in April vanjaar by sy huis in Bolton,
Engeland, ontdek.
Kort voor hy sy eie lewe geneem het, het hy ‘n regstreekse video op Facebook begin neem en sy selfoon só geposisioneer sodat hy kon afneem wat gebeur het.
Die polisie se ondersoek dui daarop dat verskeie van sy vriende besig was om na die regstreekse video te kyk toe hy homself om die lewe gebring het.
‘n Vriend, wat na die video begin kyk het omdat hy gedink het dit sou “iets snaaks” wees, het onmiddellik nooddienste laat weet die oomblik toe hy besef het wat aan die gebeur is. Paramedici het binne ses minute na die oproep by Hilton se huis aangekom, maar het vir ‘n hele paar minute gesukkel om in te kom.
Hilton was toe reeds oorlede.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



