‘n Onherkenbare verbrande liggaam is gisteroggend om 07:00 in ‘n uitgebrande Honda Civic langs die R103 Albertonpad, Gauteng gekry.
Die Heidelberg-polisie het op die liggaam afgekom.
Die vermoede is dat die voertuig met die insittende reeds die vorige aand of in die vroeë oggendure aan die brand gesteek was.
Die liggaam, wat onherkenbaar verbrand was, is in die passasiersitplek gevind.
Eienaarskap van die voertuig lei na ‘n persoon in Benoni, maar meer inligting sal eers later beskikbaar gestel word.
‘n Volledige forensiese ondersoek sal na die identiteit en oorsaak van sterfte sal gedoen word.
Enigiemand wat inligting oor die voorval het, word versoek om die Heidelberg-polisiestasie by 016 341 0361 te kontak.
FiND iT het die polisie gekontak vir kommentaar.
Bron: Proudly Heidelberg
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



