Ma wat baba met skêr doodsteek, gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (26) van Mpumalanga het erken dat sy haar baba kort ná geboorte met ‘n skêr gesteek het, berig News24.

Die hooggeregshof in Mpumalanga het Phindile Sibiya skuldig bevind en tot 22 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy Woensdag skuldig bevind is aan moord en regsverydeling.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Sibiya skuld beken dat sy haar eie kind opsetlik vermoor en in ‘n vlak graf begrawe het.

Sibiya het in haar pleitverklaring in 2021 aan die hof gesê sy het ‘n man ontmoet wat haar op Belfast besoek het. Die twee het romanties betrokke geraak en hy het sy liefde aan haar verklaar.

Hy het ook belowe om in die toekoms met haar te trou en sy het by hom swanger geraak. Nadat sy besef het sy is swanger, het sy die voornemende pa probeer bel om hom van die situasie in te lig, maar sy het nie daarin geslaag nie. Sy het ook haar swangerskap ontken, alhoewel haar ma besef het sy is swanger.

“Die ma het haar gedreig dat indien dit waar is dat sy swanger is, sy haar uit die huis gaan wegjaag, aangesien sy reeds twee minderjarige kinders van verskillende pa’s gehad het wat nie die kinders onderhou nie,” het Monica Nyuswa, NVG-woordvoerder, gesê.

Sibiya is toe na ‘n kliniek om die swangerskap te laat beëindig, maar was onsuksesvol, aangesien sy reeds in die laaste stadium van swangerskap was. Op 1 Januarie 2022 het sy in kraam gegaan.

Sy het kraampyne gevoel en ‘by twee geleenthede toilet toe gegaan waar sy urineer en by die derde geleentheid het sy toe ’n skêr saamgeneem. ‘n skêr met haar saam toilet toe geneem.

“Op pad toilet toe het sy gekniel en geboorte geskenk aan ’n vroulike kind wat sy dadelik verskeie kere met ’n skêr gesteek het totdat sy dood is,” het Nyuswa gesê.

Die volgende oggend het Sibiya se ma bloedvlekke opgemerk en haar begin uitvra. Sy het toe aan haar ma erken sy het geboorte gegee en die dooie kind versteek.

“Sy het toe die oorledene gaan haal en die saak is by die polisie aangemeld, vandaar haar skuldigbevinding en vonnis.”

Ter verswaring van vonnis het die staat getuienis gelei dat die kind ‘n koue en pynlike dood gely het aan die hande van die einste persoon wat veronderstel was om haar te beskerm.

“‘n Foto-album en ’n nadoodse ondersoekverslag wat bevestig het dat die oorledene lewend gebore is, is ingehandig, insluitend ’n verslag van ‘n maatskaplike werker, wat bewys het dat die beskuldigde nie ’n kandidaat vir korrektiewe toesig is nie,” het Nyuswa gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel