‘n Man van Australië is deur die polisie in Queensland van manslag aangekla, 12 maande nadat sy 11-jarige seun weens ’n slangbyt dood is.
Sy pa word daarvan beskuldig dat hy nie mediese hulp gekry het nadat sy seun vir hom gesê het ’n slang het hom gebyt nie. Kerrod Frahm (31) word van manslag aangekla en sal volgende maand in die hof verskyn.
Tristian Frahm (11) is op 20 November 2021 by sy huis in Murgon, ‘n plattelandse dorpie 260 km noord van Brisbane dood, ure nadat hy vir sy pa gesê het ‘n slang het hom gebyt.
Die polisie het Dinsdag 7 November 2022 sy pa van manslag aangekla omdat hy nie sy seun se pleidooi ernstig opgeneem het nie. Die polisie beweer Frahm het versuim om mediese hulp te soek nadat Tristian vir hom gesê het ‘n slang het hom gebyt terwyl hy by ‘n vriend se huis gespeel het.
Frahm en Tristian het ‘n rukkie nadat die seun vir sy pa van die slangbyt vertel het, gaan slaap, waarna Tristian se toestand vinnig versleg het. Na verneem word, het Tristian gedurende die nag uit die bed geklim. Sy lewelose liggaam is die volgende oggend buite ‘n skuur gevind.
’n Polisie-ondersoek is begin om vas te stel hoe Tristian weens die slangbyt dood is.
Frahm verskyn op 6 Desember in die Murgon-landdroshof.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



