Rumeysa Gelgi (24), van Turkse afkoms, was eens in 2014 die wêreld se langste tiener, maar sy is tans die langste vrou in die wêreld met ‘n lengte van 2.1 meter. Sy kon in September vir die eerste keer van Turkye na San Francisco vlieg nadat Turkish Airlines ses sitplekke in hul ekonomiese klas verwyder het en dit met ‘n spesiale kampbed vervang het.
Sy het ‘n vlug van 13 ure onderneem nadat sy dit nooit voorheen kon doen nie as gevolg van haar toestand, Weaver-sindroom. Weens haar grootte kon sy van kindsbeen af nie in vliegtuigsitplekke pas nie.
Sy beweeg gewoonlik met ‘n rolstoel of loopraam as gevolg van haar toestand. Volgens die Guinness World Records hou sy die rekord vir die langste vrou, maar ook rekords vir die grootste hande, langste vingers en langste rug in die wêreld.
Die vlug, wat haar sodanig beïndruk het sodat sy weer wil vlieg, het sy aangepak om haar loopbaan in die ontwikkeling van sagteware te bevorder en om aanlyn met die Guiness World Records te kan werk.
Bron: Alia Shoaib, Bussiness Insider
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



