‘n Ma het na bewering ’n hamer gebruik om haar vier kinders dood te maak.
Die 32-jarige vrou van die Oos-Kaap het glo haar kinders in die dorpie Tsalaba tussen Mthatha en Komani vermoor.
Die kinders was 2, 5, 9 en 11 jaar oud.
Luidens ‘n verklaring deur die SAPD word ‘n moordsaak deur speurders ondersoek.
Die voorval het Woensdagoggend 9 November 2022 in die Mhlabubomvu-omgewing in Engcobo plaasgevind. Na bewering het die 32-jarige ma saam met haar vier kinders tussen die ouderdomme van 2 en 11 in hul huis op die dorp gewoon. Die liggame van haar vier kinders is in die rondawelhut gevind waar hulle geslaap het.
Voorlopige ondersoeke toon dat hulle deur hul eie ma met ’n voorhamer aangerand is. Gevolglik het hulle ernstige beserings aan die bolyf opgedoen.
Die omstandighede rondom die voorval sal deel vorm van die ondersoek. Die ma is dadelik in hegtenis geneem en sal van moord aangekla word.
Sy sal na verwagting in die Engcobo-landdroshof verskyn sodra sy aangekla word.



