Skietvoorval buite Tongaat se Binnelandse Sake – een dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Skietvoorval het vanmiddag te Maharajstraat, Metcalf, Tongaat, KwaZulu-Natal by Binnelandse Sake plaasgevind.

IPSS Medical Rescue en hul sekuriteit was op die toneel. Een persoon (48) is volgens IPSS op die toneel dood verklaar.

Reaction Unit South Africa, het dit as ‘n drive-by shooting bestempel. ‘n Rusa-beampte wat in die omgewing was is glo deur ‘n verbyganger oor die voorval ingelig wat buite die Binnelandse Sake-kantoor gebeur het.

Die bestuurder van ‘n silwerkleurige Toyota Corolla is na bewering verskeie kere geskiet waarna die vermeende verdagtes in ‘n wit Ford Ranger gevlug het. Doppies van ‘n 9 mm-pistool is glo op die toneel gevind en daar word geglo dat die motief moontlik taxiverwant is.

Dit is tans nog ‘n aktiewe misdaadtoneel wat deur die polisie ondersoek word.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.