Die ANC-vroueliga het die deel van ’n grafiese seksvideo van ’n vrou wat glo die Vrystaat-speaker, Ntombizanele Beauty Sifuba is, gekritiseer.
Die video wat oral versprei is, wys die vrou in ’n bed besig met aanlyn seksuele aktiwiteite.
Die vroueliga het aan IOL gesê die deel van die video is aaklig en dat die vrou se privaatheid geskend is.
Die vrou is glo afgepers om R300 000 te betaal, maar sy het geweier en dis hoe die video en skermgrepe versprei is. Die man wat haar afgepers het, is glo ’n jong Nigeriese man.
Bronne: IOL, The Kasi-Boy
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Wetstoepassers doen intensiewe ondersoek rakende Isis-operateurs in SA, sê FIC



