’n Vrou wat Saterdag by die Sibaya Walking Trails in uMdloti gaan draf het, moes teen ’n man gewapen met ’n byl, wat haar wou beroof, baklei.
Die vrou kon haar man staan teen haar aanvaller en hy het die byl laat val en gevlug.
Na ’n uur lange soektog is die verdagte gevang en die vrou het hom identifiseer. Sy het ’n klag teen hom ingedien en die verdagte word aangekla van poging tot gewapende roof.
Bronne: IOL, Marshall Security
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Harvey Weinstein se prokureur vra of getuie ‘seker is’ oor seksuele aanranding



