Hoërskool Hopetown se 0.13’s dogter-tennisspan

Deel hierdie storie / Share this story

Hoërskool Hopetown se o/13 dogters tennisspan is na afloop van die provinsiale rondte van die BNP Paribas Rising Star kompetisie, aangewys as die Noord-Kaap wenners.  Hulle het al vier hul wedstryde daar teen die ander Noord-Kaapse skole gewen.  Tydens die Nasionale kompetisie in Pretoria wen hulle hul wedstryde teen Middelburg (Mpumalanga wenner) en Stirling Primary (Oos-Kaap wenner), maar verloor ongelukkig teen LS Mooirivier (Noord-wes wenner) en  Trinity House Randpark (Gauteng wenner).  Na afloop van die toernooi, eindig die span eindig 7de in die land. Hoërskool Hopetown is ongelooflik trots op hierdie dogters.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel