Harvey Weinstein se prokureur het die getuie bekend as Jane Doe #2 gevra of sy seker is dat Weinstein haar seksueel aangerand het.
Tydens die verhoor van Weinstein in Los Angeles het een van sy prokureurs, Alan Jackson, beweer dat Jane Doe #2 se storie meer inligting bygekry het as wat dit oorspronklik gehad het. Hy het haar getuienis op ‘n teatrale wyse probeer uitmekaartrek.
Lauren Young, oftewel Jane Doe #2, het getuig dat Weinstein haar in ‘n hotelbadkamer vasgekeer het tydens ‘n sakevergadering. Sy het getuig dat hy haar borste betas het en homself voor haar bevredig het.
Tydens kruisondervraging het Jackson uitgewys dat daar nuwe inligting by haar getuienis gekom het wat nie genoem is toe sy deur speurders ondervra is nie.
Young het gereageer deur te verduidelik “wanneer jy seksueel aangerand word, word dinge uitgesluit,” sodat sy “brokkies” onthou, maar deur haar verskeie onderhoude met owerhede kon sy duideliker onthou.
“Dit was traumaties en dit is ‘n herinnering wat ek het wat ek wens nooit gebeur het nie,” het sy gesê oor die beweerde aanranding. “Daar is dele wat ek nooit sal kan vergeet nie.”
“Ek weet dit is jou storie,” het Jackson in ‘n stadium gesê, en Young uitgelok om te reageer, “Dit is nie ‘n storie nie. Dis wat met my gebeur het,” het sy geantwoord, terwyl Weinstein sy kop geskud het.
Jackson het byvoorbeeld daarop gewys dat Young aan speurders gesê het sy was “vasgevang” binne ‘n skuifdeur van die badkamer in die hotel waar sy sê sy is aangerand. Jackson het die juriefoto’s gewys wat die deur met ‘n skarnier voorgestel het – nie ‘n skuifdeur nie – en vir Young ‘n reeks vrae gevra oor hierdie besonderhede.
“Wil jy jou stelling oor ‘vasgevang en toegesluit’ in daardie badkamer verander?” vra Jackson. “Jy beskryf ‘n volskaalse ontvoering, reg?”
“Ek het opgesluit gevoel daar – ek het beskryf hoe ek gevoel het,” het Young gesê. Jackson het teruggekap: “Jy het gevoel jy was daar toegesluit, maar jy was nie daar toegesluit nie. Jy het gevoel jy word seksueel aangerand, maar jy was nie.” “Ek is beslis seksueel aangerand deur Harvey Weinstein,” het Young geantwoord.
Die regter het daardie lyn van ondervraging deur Jackson afgeskiet. In ‘n ander stadium het aanklaer Paul Thompson vir Jackson gevra om op te hou om Young te onderbreek en haar te laat klaarmaak met haar antwoorde.
Jackson het ook gevra oor die rok wat Young die aand van die beweerde voorval gedra het. Sy het getuig Weinstein het haar rokse ritssluiter afgetrek en haar borste betas. Sy het die rok aan die owerhede as bewysstuk oorhandig. Jackson het gevra hoekom sy nooit vir speurders vertel het van die knopie op die rok bo die ritssluiter nie. “Wat van hierdie klein knopie?” Hy het gesê. “Jy het nie genoem dat hy dit oopgeknoop het nie.”
Hy het ook gevra hoekom sy nie vroeër uitgepraat het nie en sy het gesê sy was bang vir Weinstein.
Bronne: Variety, Yahoo, IMDB
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Danser vertel hoe Harvey Weinstein haar seksueel misbruik



