Kaapstad het ontwrigtings in sy elektrisiteitstoevoer vir Maandag 7 November tot Sondag 13 November aangekondig. Instandhouding sal vandeesweek deur die elektrisiteitsdepartement uitgevoer word.
Dit het beklemtoon geen elektriese instandhouding is uitgevoer terwyl Fase 3-beurtkrag of hoër deur Eskom geïmplementeer is nie. Dit het ook gesê inwoners sal nie sonder elektrisiteit gelaat word nie.
“Neem asseblief kennis, sommige nuuskanale impliseer dat hierdie werk hele gebiede vir ‘n week lank sonder krag lsal aat. Dit is nie waar nie,” het dit gesê.
Die Stad het aangeraai dat inwoners, waar moontlik, toestelle by die muursok moet afskakel voor die instandhouding van hul areas om die risiko van skade wat deur kragstuwings veroorsaak word, te verminder.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Ma van Kaapstad desperaat om met kinders herenig te word



