Ma van Kaapstad desperaat om met kinders herenig te word

Deel hierdie storie / Share this story

’n Kaapstadse ma se nagmerrie het waar geword na haar man glo hulle kinders ontvoer het.

Chelsea Whittaker was agt jaar getroud met die Bangladesjiese sakeman Riad Amun Islam voor hy met hulle kinders gevlug het. Hy het vir haar gesê hy neem hulle kinders om vir sy ouers in Bangladesj te gaan kuier.

Die familie het Malawi toe getrek ná Islam verlede jaar in Kaapstad ontvoer is en ‘n losprys vir sy vrylating geëis is. Islam het in September vir Whittaker gesê om terug te keer Kaapstad toe op haar eie terwyl hy die kinders Bangladesj toe neem.

Sy het aan IOL vertel dat sy nie saans kan slaap nie, want sy wonder of haar kinders haar roep en of hulle haar onthou. Die kinders is een en vier.

Sy het gesê sy het eers nee gesê toe Islam sê hy vat die kinders, maar sy het ingestem toe hy vir haar die vliegkaartjies wys om terug te keer na Suid-Afrika.

Toe sy in Kaapstad aankom, het sy ’n boodskap van hom gekry waarin hy glo sê sy sal nooit weer die kinders sien nie. Sy sê ook hy bel haar glo van verskillende nommers, maar laat haar nie praat met die kinders nie en het glo vir hulle gesê sy’s dood.

Sy het ook gesê hy is nie meer in Malawi nie, en sy weet nie waar hulle is nie.

Die polisiewoordvoerder het gesê die Atlantis-SAPS ondersoek ’n saak van ontvoering.

Bronne: IOL, VN Explorer, Soeknet

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nog optogte in Iran na dood van student