Nog optogte in Iran na dood van student

Deel hierdie storie / Share this story

Nog optogte het in Marivan, Iran, uitgebreek na die dood van ’n Koerdiese student, Nasrin Ghaderi.

Nasrin Ghaderi is Saterdag oorlede na sy in ’n koma was. Sy is glo aangerand deur sekuriteitsmagte tydens ’n optog in Tehran en het verskeie houe teen die kop gekry.

Die optogte het oorspronklik begin na die dood van Jina Mahsa Amini op 16 September na sy in hegtenis geneem is omdat sy nie haar hidjab reg aangehad het nie.

Bronne: DW – South Africa, The Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iranse sjef dag voor 20ste verjaarsdag doodgeslaan