Tydens die optogte in Iran is ’n bekende sjef, Mehrshad Shahidi, in hegtenis geneem en glo doodgeslaan die dag voor sy 20ste verjaarsdag.
Mehrshad Shahidi, bekend as Iran se Jamie Oliver, is tydens ’n optog in hegtenis geneem en is glo doodgeslaan in polisieaanhouding in Arak.
Volgens berigte is hy dood van verskeie houe teen die kop, maar sy familie is glo onder druk om te sê hy is dood aan ’n hartaanval.
Die Iranse regering het enige verantwoordelikheid vir sy dood ontken en het gesê daar was geen teken van enige beserings aan sy lyf nie.
Die optogte het begin na die dood van Mahsa Amini, wat dood is in polisieaanhouding na sy in hegtenis geneem is oor die dra van ‘n hidjab. Verskeie vrouens en kinders is in die optogte dood.
Bronne: CNN, NDTV, News9 Live
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Skoolkinders sterf in Iran



