‘n Meisie (11) van die Laerskool Bloemfontein is Vrydagaand in die waakeenheid van Universitas- akademiese hospitaal oorlede.
Jaylene Kleynhans was in graad 5.
In ’n verklaring skryf Laerskool Bloemfontein:
“Dit is met groot hartseer dat ons u in kennis moet stel oor die afsterwe van Jaylene Kleynhans in Gr. 5A. Ons verloor ’n geliefde maat en uitstekende skolier. Ons gebede gaan uit as ’n skoolgemeenskap aan haar familie en geliefdes. Ons versoek dat u haar familie se privaatheid in hierdie moeilike tyd sal respekteer.”
Die oorsaak van Kleynhans se dood is onbekend.
Fotokredier: Laerskool Bloemfontein



