’n Hangbrug in Morbi, Indië, het Sondag ineengestort toe die kabels gebreek het terwyl omtrent 500 mense op die laaste dag van die Diwali-fees op en om die 150 jaar oue brug gevier het.
CCTV-beeldmateriaal het gewys hoe die brug wieg, met ’n paar mense wat dit glo doelbewus geskud het, voordat dit skielik ineengestort het.
Die wandelpad en een heining het in die rivier beland, wat die ander kant in die lug laat hang het. Honderde mense het in die water geval.
Die dodetal het Maandagoggend op 132 gestaan. Die meeste slagoffers was vrouens en kinders.
Bronne: ECR, The Citizen, eNCA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Oscar Pistorius nog nie in aanmerking vir parool nie



