’n Negejarige meisie, wat 33 weke swanger is, is glo in die United Bulawayo-hospitaal opgeneem.
Die kind, wat oor ’n maand moet geboorte skenk, word deur ’n span spesialiste en verpleegsters dopgehou omdat die swangerskap delikaat is.
Die negejarige is glo van die Tsholotsho-distrik in Matabeleland. Die omstandighede van haar swangerskap word deur die polisie en die departement van maatskaplike welsyn ondersoek.
Bronne: IOL, iHarare News, Mbare Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: VK-jagklub in die moeilikheid oor opveil van trofeejag-safari in Suid-Afrika



