Amerikaners trek aan soos Nazi’s vir Halloween

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man in Manhattan het opslae gemaak toe hy in ’n Nazi-uniform rondgeloop en so by ’n kuierplek ingegaan het. Hy is gedreig tot hy die kuierplek verlaat het.

Die man is diens geweier deur die kroegman en het argumente gehad met ander klante by die kroeg, waar hy aangesê is om te loop.

By die universiteit van Wisconsin Madison het ’n man rondgeloop as Adolf Hitler, iets wat ook hewige kritiek uitgelok het, veral van groepe wat anti-semitiese optrede wil stop.

Die voorvalle het debatte op sosiale media veroorsaak, veral gesien in die lig van verskeie anti-semitiese uitsprake wat Kanye West onlangs gemaak het. Dit het veroorsaak dat hy kontrakte en daarmee saam sy biljoenêrstatus verloor het.

Bronne: The Jerusalem Post, Twitter, One News Page

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kanye West verloor biljoenêrstatus na anti-semitiese uitlatings