KYK: Vrou duik byna reg in haai se bek in

Deel hierdie storie / Share this story

Die marienewetenskaplike Ocean Ramsey sê sy was “glad nie bang” toe sy van ‘n duikboot in Hawaii af byna in die oop bek van ‘n haai geduik het nie.

“Ek het eintlik gelag,” het Ramsey aan 9 News gesê. “Ons was baie opgewonde om haar (die haai) te sien.”

In ‘n video wat Ramsey op Instagram gedeel het, maak sy gereed om te duik toe die haai skielik onder haar voete nader aan die water se oppervlak beweeg.

Juan Oliphant, ‘n fotograaf wat saam met Ramsey op die duikboot was, sê die haai, wat as Queen Nikki bekendstaan, was heel waarskynlik meer geïnteresseerd in die visse wat onder die duikboot was.

Ramsey het aan Fox News gesê sy ken Queen Nikki al vir 20 jaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel