’n Danser, bekend as Ashley M., het vertel hoe Harvey Weinstein haar op ’n bed vasgedruk het en hom op haar bevredig het terwyl sy assistent buite die deur gestaan het.
Die prokureur vir Weinstein, Mark Werksman, het herhaaldelik vir die vrou gevra hoekom het sy nie gesê “nee” nie en hoekom het sy nie geloop nie. Hy het ook in ’n stadium vir haar gevra wat sy aangehad het toe Weinstein haar oorrompel het.
Die vrou het verduidelik dat sy bang was, want Weinstein is groter as sy en toe sy beswaar maak, het hy gesê: “Dis oukeiy, dis nie asof ons gaan seks hê nie.”
Ashley M. is nie een van die vyf vroue wat Weinstein van seksuele aanranding aankla nie. Sy is een van vier ander wat toegelaat is om in die verhoor te getuig oor sy geneigdheid tot sulke misdade.
Weinstein het onskuldig gepleit en ontken dat hy betrokke was by enige nie-konsensuele seks.
Die 70-jarige voormalige filmmagnaat dien reeds ‘n vonnis van 23 jaar uit vir ‘n skuldigbevinding in New York wat onder appèl is.
Nog ses beskuldigers moet nog getuig. Die verhoor sal na verwagting nog vyf weke duur.
Bronne: SF Gate, NBC, Toronto Sun
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



