Die Los Angeles-hofsaak teen Harvey Weinstein sal amptelik op Maandag(24 Oktober begin.
Elf aanklagtes van seksuele misdrywe is teen Weinstein in Los Angeles ingebring.
Hy dien reeds 23 jaar tronkstraf uit in New York op soortgelyke aanklagtes. Hy is glo van plan om appèl aan te teken.
Die jurie vir die Los Angeles-hofsaak bestaan uit nege mans en drie vrouens.
Die saak sal na verwagting tot die einde van die jaar aangaan.
Bronne: Indiana Country, New York Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



