‘n Suid-Afrikaanse vrou het haar tot TikTok gewend na sy stukke glas in haar Crosse & Blackwell-mayonnaise gekry het toe sy vir haarself ‘n toebroodjie maak.
Met die naam @MrsBigBite op TikTok, het sy gedeel dat sy verlede week die bottel oopgemaak het, maar dit nie kon gebruik nie, want haar dogters het gekla dat dit “grof” was.
@MrsBigBite het gesê sy het dit toe self ondersoek en gesien die bottel is gevul met piepklein glasskerwe. Sy het gesê sy het antwoorde nodig oor hoe glasstukke in ‘n splinternuwe bottel mayonnaise beland het.
Baie gebruikers het simpatie met haar gehad en gesê hulle is bly haar familie is oukei; ander het voorgestel dat sy ‘n ander handelsmerk mayonnaise probeer.
Dit is nog nie bekend hoe die glasstukke hul weg tot in die produk gevind het nie.
Tiger Brands het aan IOL Lifestyle gesê hulle is bewus van die verbruiker se kommer en het die verbruikersklagte-hanteringsprotokol begin.
‘n Monster is van die verbruiker versamel en sou geëvalueer en getoets word. Die maatskappy het gesê die verskaffing van veilige produkte is ‘n prioriteit.
@mrsbigbite What the hell 😡 there is glass through out this jar!!! #mrsbigbite #cross ♬ original sound – MrsBigBite
Bronne: IOL, 247 News, TikTok
Lees ook: McCain groenbone en Spar-handelsmerk bevrore ‘stir fry’ kan klein glasstukkies bevat



