Billy die polisiehond help lede om verdagte vas te trek

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Linden het Donderdag, met behulp van die polisiehond Billy, vyf verdagtes vir die beweerde diefstal van ‘n motorvoertuig vasgetrek.

Volgens die polisie het lede Donderdagmiddag inligting oor ‘n gesteelde motorvoertuig opgevolg.

Volgens die polisie se verslae het ‘n verdagte met die polisie se aankoms by die adres probeer vlug, maar is hy deur Billy vasgetrek terwyl die polisie die ander vyf verdagtes in hegtenis geneem het.

Twee voertuie en toerusting om motors te breek, is deur die polisie gekonfiskeer.

Al die verdagtes, almal tussen die ouderdomme van 43 en 52, sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel