Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, word daarvan beskuldig dat hy gratis op die Leeuwenhof-landgoed bly en nie vir water of elektrisiteit betaal nie.
Boonop blyk dit dat die Gids vir Lede van die Hoofbestuur verontagsaam is deurdat die Departement van Openbare Werke meer vir die premier se munisipale dienste betaal het as wat die regulasies toelaat.
Vir Winde se elektrisiteitsverbruik by sy amptelike Leeuwenhof-woning het die departement sowat R10 000 per maand betaal ondanks regeringsregulasies wat duidelik bepaal dat dit slegs R5 000 per maand tot lede se munisipale dienste bydra.
Winde het ‘n elektrisiteitsrekening van R56 008,08 in vyf maande in 2021/22 gehad. Hy betaal onder meer nie vir tuinonderhoud, instandhouding, rekenaartoerusting, wifi en TV-intekening by die staatsbeheerde landgoed, wat op R177 miljoen gewaardeer word nie.
Winde se party, die DA, het die verontwaardiging gelei teen president Cyril Ramaphosa se wysigings aan die Ministeriële Handboek, wat ministers toelaat om vry van die huur-, water- en elektrisiteitsrekeninge by staatskoshuise te leef, terwyl gewone burgers sukkel. Die wysigings is vandeesweek geskrap.
Dit het nou veroorsaak dat daar ‘n ondersoek geloods word na Winde se verblyf en gratis nutsdienste.
Bronne: IOL, Soeknet, Flipboard
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



