Massagraf in Malawi ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Massagraf met die liggame van 29 mans is Woensdag in Malawi ontdek. Die mans was vermoedelik Ethiopiese migrante wat moontlik op pad was na Suid-Afrika, het die polisie gesê. Die mans was tussen 25 en 40 jaar oud.

Die laaste vier liggame is by vier verskillende plekke omtrent 1.2 kilometer van die massagraf af, gevind.

Die graf is ontdek deur gemeenskapslede van Mzimba wat op soek was na heuning in ‘n woud.

Daar is glo 221 onwettige migrante tussen Januarie en September die jaar in hegtenis geneem, 186 van hulle was van Ethiopië.

Bronne: IOL, Ahram Online

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Boot van Libanon sink naby Sirië, 34 sterf