Kinderverkragter, Jeffrey Donson, weer burgemeester van Kannaland

Deel hierdie storie / Share this story

Jeffrey Donson, wat skuldig bevind was aan die verkragting van ‘n kind, is weer die burgemeester van Kannaland na ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, onderburgemeester en munisipale bestuurder goedgekeur is

Werner Meshoa, ook van Icosa, is terug in die setel van onderburgemeester ná ’n spesiale raadsvergadering Vrydag.

Meshoa is in Januarie saam met Donson geskors uit die einste posisies waartoe hulle nou herkies is.

Dit nadat dit aan die lig gekom het dat die twee mans vorige veroordelings – vir bedrog in Meshoa se geval en statutêre verkragting in Donson se geval – gehad het.

Donson is in 2008 skuldig bevind aan die verkragting van ‘n 15-jarige.

Keith Jordaan is die nuwe munisipale bestuurder.

Die mosie is deur Donson en sy mede-Icosa-raadslede ter tafel gelê. Hulle wou hê ANC-burgemeester Nicky Valentyn, sy adjunk, Leoni Stuurman, en die munisipale bestuurder, Ian Avontuur, moet uitgestem word.

Vroeër vanjaar het Weekend Argus ‘n storie gebreek oor Donson wat deur nuwe aantygings van seksuele teistering in die gesig gestaar word nadat ‘n opname van ‘n beweerde gesprek tussen hom en ‘n plaaslike vrou uitgelek het.

 Die 21-jarige vrou het beweer Donson het seksuele gunste probeer kry toe sy om hulp gevra het.

Donson het ‘n klagte van crimen injuria teen ‘n voormalige personeellid ingedien nadat hy die beweerde bewyse in ‘n openbare vergadering uitgelek het.

Bronne: IOL, Kannaland

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kannaland: Convicted rapist mayor ousted in no-confidence motion