KYK: Man van Limpopo kry die ‘onmoontlike’ reg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man, glo van Limpopo, het vroeër die maand ‘n foto van ‘n bakkie wat hy dwars in ‘n motorhuis parkeer het, op sosiale media gedeel.

By dié foto sê die man dat hy die vorige aand onder die invloed was en dat hy geen idee het hoe hy die voertuig so geparkeer gekry het nie.

Lady Du het intussen ‘n video gedeel van hoe die man, na ‘n lang en geduldige proses, uiteindelik sy bakkie kon uittrek.

Dink jy jý sou so iets kon regkry?

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel