‘n Student by die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley het na bewering selfdood probeer pleeg na hy na bewering deur ‘n ander student op kampus verkrag is.
Kashini Maistry, woordvoerder vir die universiteit, sê aan FiND iT die universiteit was nie bewus van die beweringe van verkragting tot die betrokke student ‘n plasing op sosiale media daaroor gemaak het nie.
Volgens Maistry het die student nie die verkragting by die universiteit of by die polisie aangemeld nie.
Maistry sê na die sosialemediaplasing het die universiteit na die student uitgereik vir berading, maar dat hy dit glo geweier het.
“Die universiteit se Health and Wellness Centre het die betrokke student gesien vir snye aan sy gewrigte nadat hy ‘n dissiplinêre verhoor bygewoon het. Die merke is nie op dieselfde tyd as die beweerde insident plaasgevind nie. -“
Maistry sê die student is beradingsessies by die universiteit aangebied en dat hy verskeie afsprake egter nie nagekom het nie.
“Die universiteit het ‘n verantwoordelikheid teenoor studente, personeel en ander aandeelhouers by ons verskillende kampusse,” sê Maistry. “Die universiteit is nie in die posise om weg te draai wanneer voorvalle gerapporteer word nie.”
Maistry verduidelik dan van die verskeie beradingsopsies wat die universiteit bied, soos individuele beradingsessies, akademiese ondersteuning en aktiwiteite vir persoonlike, akademiese en leierskapsontwikkeling.



