Saak van seksuele aanranding teen Kevin Spacey uitgegooi

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Hof in New York het ‘n saak van seksuele aanranding teen die akteur Kevin Spacey uitgegooi.

Die saak was dié van Anthony Rapp wat Kevin Spacey beskuldig het dat hy op ‘n onvanpaste manier aan hom gevat het by ‘n partytjie in 1986 toe hy 14 jaar oud was.

Rapp het die saak teen Spacey in September 2020 voor die hof gebring en het $40 miljoen skadevergoeding geëis.

Spacey het volgehou dat hy onskuldig is. Daar is vyf sake van seksuele aanranding teen hom in die VK hangende. Die hofsaak sal in Junie 2023 begin.

Donderdag het die New Yorkse hof beslis dat Rapp nie kon bewys Spacey het ‘n ongewenste seksuele toenadering teenoor hom gemaak nie.

Bronne: BBC, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook; Ghislaine Maxwell sê in onderhoud foto van prins Andrew is vervals